The first version of this poem was written when I was fifteen. Regrettably, it still applies.
Traan
vir die mede-lyers
Ek dra
die naam
van hartseer
en bitterheid.
Ek dra die sout uit
jou liggaam
uit.
Ek is die
verdoemenis
van jou siel wat oorloop
die wêreld in.
Selfs tot in
my diepste wese
is ek
altyd, altyd
vredeloos
Hoe kan ek
ooit
gelukkig wees.