This category is called “Poemish” because I don’t think of what I write as poetry. I fear calling it that might be too arrogant.
However, this is one attempt of which I remain proud and fond – and I’m as unable as unwilling to change my feelings.
My shrink se kat
My shrink se kat se naam is Toulouse
sy is roomwit, skuim wit, fyn wit
met die blouste, blouste oge
My shrink se oë is albastergroen en sien
wat seermaakdinge doen en draai
soms klam en rooi omkring en
ek lê gestrooi in potskerwe
en gelees – in versies van
my lang been shrink
met die klein
Siamees
die plaveisel
verdwyn elke week
onder my shrink se lange
treë, die jare verloop tussenweë
Toulouse is
‘n dapper jagter
‘n vertelde verhaal
‘n lewensnota
‘n karakter
‘n gedig
my shrink se hande is veilig
my shrink se stem is heilig
My shrink se deurwag is ‘n meermin
van sement: haar oë raak my
rowe wel bekend
Toulouse is dol oor Simone
sy pas haar op
haar blou oog baba
geseën
deur haar blou oog kat
My shrink se vingerafdrukke
oral oor my hart is
die sagte kussinkies op
die voetjies van ‘n kat
My shrink se kat het
te kort vertoef
slaap saggies
versigtig
liewe legendariese Toulouse