Pilatus

Tydens ’n doodnormale tussen-in-swot badkamer besoek kry ek ’n grys muis gedrapeer op die badkamermatjie kompleet met ’n paar blare – my kat se weergawe van Masterchef of restaurantaand.

Muis is by sy bewussyn, maar sleep sy agterlyf en kyk my à la Annesu de Vos met groot swart verwytende oë aan – ek is immers die eienaar van die minagtende kat.

Muis verwerp die stukkie kaas wat ek aanbied, nadat ek hom in die snippermandjie aangekeer het. Moontlik voel hy dis ’n stereotiperende en koloniale wanpersepsie van sy muiswees. Hy is intussen hervestig in die bos waarvan hy oorspronklik onteien is.

Die invloed van Afrikaanse letterkunde … op die alledaagse absurde.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *