Uurglas

Words cannot describe the infinity of loss.

uuRGlas

Simon, jou oë is steeds albastergroen en sien wat
seermaakdinge doen maar draai nou té klam té
rooi omkring en my hart is ’n gebroke ding
gestrooi in skerwe, wat maal tot sand
teen jou, rots. Geliefde Simon
wat my so goed kon lees
verdoem my nou
tot altyd
wees

die
plaveisel
verdwyn steeds
onder Simon se lange treë
maar onmin lê tussen onse weë.
Simon se vingerafdrukke oral oor my hart
is ’n delikate padkaart deur al my duister smart.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *