Vanjaar gee ek vir die eerste keer in ‘n dekade weer Afrikaans (soos in, as vak, skoolvak). Dis weird op baie verskillende maniere om van een periode tot die volgende oor te slaan van suiwer Engels na suiwer Afrikaans (let’s face it, dis iets wat niemand wat ek ken regtig praat nie [ek hou ‘n spesiale uitsondering vir Sophia Kapp – ek het baie respek vir haar]).
Nouja, so gee ek vanjaar Afrikaans vir ‘n regtig, regtig baie oulike groep graad 11’s en tot my verbasing kies ‘n klomp van hulle in die Junie-eksamen om die opstel te skryf oor Willem Fransman se gedig “Ek wil”. Ek hou ook baie van die gedig – en ek hou van Kaapse Afrikaans ook. En as jy die soveelste opstel oor “Ek wil” moet merk, begin jy ‘n lus ontwikkel om jou eie weergawe van “Ek wil” te skryf … so baie van wat ek skryf is in elk geval : intertekstueel … ek hou van die gesprek.
Sonder verdere bla, bla … hier is my weergawe van “Ek wil” (wat ek met ‘n killer kapey aksent kan doen. Dis nie verniet my bynaam nie!)
Ek wil
Ek wil ‘ie vraa’stelle merki
oeki rooi pen tip’tap’ie
ek wil ‘ie myse oge mee moeg maki
en ek wil’ie frown oor wat djy skryf’ie
ek wil vi ‘al’ie soek vi vraag 3 nie
ek wil’ie dink: wat de fok isit danno dié nie
ek wil ‘ie toesig hou en wonner wie’t gepoep’ie
ek
ek sie vi djou
djy lê da op jouse arms
ure voor’ie tyd op’is
wanne ek djouse blaaie vat
lê jouse kwyl op’ie bank
en jouse gesig is ie ene desk imprint
djy’s ‘n bleddie disaster
djy’s ‘n crime forecaster
ek
ek wil vi my ‘n wyntjie skink
ek wil vi ees fokkol ve’der aan djou dink
ek wil myse asem té’rug kry
vorat djy dalk ‘n snotklap kry
2026-06-22