Vanjaar gee ek vir die eerste keer in ‘n dekade weer Afrikaans (soos in, as vak, skoolvak). Dis weird op baie verskillende maniere om van een periode tot die volgende oor te slaan van suiwer Engels na suiwer Afrikaans (let’s face it, dis iets wat niemand wat ek ken regtig praat nie [ek hou ‘n spesiale uitsondering vir Sophia Kapp – ek het baie respek vir haar]).
Nouja, so gee ek vanjaar Afrikaans vir ‘n regtig, regtig baie oulike groep graad 11’s en tot my verbasing kies ‘n klomp van hulle in die Junie-eksamen om die opstel te skryf oor Willem Fransman se gedig “Ek wil”. Ek hou ook baie van die gedig – en ek hou van Kaapse Afrikaans ook. En as jy die soveelste opstel oor “Ek wil” moet merk, begin jy ‘n lus ontwikkel om jou eie weergawe van “Ek wil” te skryf … so baie van wat ek skryf is in elk geval : intertekstueel … ek hou van die gesprek.
Sonder verdere bla, bla … hier is my weergawe van “Ek wil” (wat ek met ‘n killer kapey aksent kan doen. Dis nie verniet my bynaam nie!)
