Dewani sent to Valkenberg according to iOL News.
This with apologies to Ingrid Jonker …
‘n Variasie op Ingrid Jonker se gedig “Ontvlugting” na aanleiding van Shrien Dewani se uitlewering en opname in Valkenburg.
Uitlewering
Uit hierdie Valkenburg wil ek ontvlug
en dink my nou in die Sheridan terug:
ek dink aan erfgeld en ek droom
ek proe genot in aarbeie en room.
Ek is ’n hond wat in die duister draf
en moordbevele aan ‘n huurhand blaf.
Ek is geweld wat oor jou lewe daal
en jou dooie liggaam opdis vir ’n maal.
Die god wat jou geskep het uit die wind
sodat jou smart in my volmaaktheid vind:
Jou lyk is teruggegiet in stof en gras
terwyl ek my hande in onskuld was.